CCTV – Sekuriteits-kameras

CCTV, of geslotekringtelevisiekameras, laat jou toe om aktiwiteite rondom jou huis, besigheid of plaas deur middel van video-toesig te monitor en op te neem.

Jy kan kies om dit net vir spesifieke probleemareas van jou huis, perseel of plaas te gebruik, of dit kan gebruik word as ‘n algemene manier van monitering, beide binne en buite.

Gebruike van CCTV:

1. Beskerming van die bewoners van die perseel/huis/plaas.

2. Monitor besoekers – kyk wie klop aan jou deur, of betree jou perseel.

3. Voorkom vandalisme en voorkom misdaad.

4. Vang anti-sosiale gedrag van bure vas vir gebruik in regsprosedures.

Voordele van CCTV:

1. Dit help om voornemende misdadigers af te skrik.

2. Gemoedsrus as gevolg van verhoogde bewustheid.

3. ‘n Rekord van aktiwiteite in die geval van misdaad of dispute.

4. Dit ontmoedig konflik in die werkplek.

5. Dit is koste-effektief (vereis min onderhoud na installasie).

6. Dit kan lei tot verlaagde versekeringspremies (versekeringsverskaffers neem die verminderde risiko in hul aanslae in ag).

Ons diens area:

Ons verskaf sekuriteitsprodukte, installasiedienste en risikobepalingskonsultasies in Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Velddrif, Paternoster, die St Helenabaai-omgewing, Yzerfontein, Elandsbaai en Lambertsbaai.

Kontak Ons

Klik asseblief hier om ons enige tyd te kontak om jou spesifieke behoeftes en vereistes te bespreek.

TAP TO CALL