Biometriese stelsels

Biometriese sekuriteitstelsels (vingerafdrukskandeerders vir toegangsbeheer) was vroeër slegs in hoë-sekuriteitinstallasies gesien. Gelukkig het die tegnologie mettertyd meer bekostigbaar geword, wat dit toeganklik maak vir kleiner verbruikers.

Biometriese stelsels het ‘n paar baie duidelike voordele:

1. Dit maak voorsiening vir vinniger toegang. In situasies waar tyd van kardinale belang is, sal die skandering van ‘n vingerafdruk waarskynlik vinniger wees as om ‘n sekuriteitskode in te slaan.

2. Dit laat toegang toe onder ongewone omstandighede – wat beteken dat selfs al het jy of ‘n werknemer die toegangskode vergeet, of aan hoofpyn ly, of selfs as iemand pas aangeval is (en dus gedisoriënteerd is), hy of sy steeds toegang kan kry na die huis, plaas of besigheidsperseel.

3. Dit maak voorsiening vir die onbewaakte dog beheerde toegang van mense wat nie kan lees nie, of mense wat dislekties is. Dit sluit kinders in wat inderhaas toegang tot hul huise moet kry, en mense wat nooit die geleentheid gehad het om te leer lees nie. In ‘n stresvolle situasie sal dit ook aansienlik makliker wees vir ‘n blinde, gesiggestremde of ouer persoon om te gebruik.

4. Anders as ‘n sekuriteitskaart (wat by besighede gebruik word om toegang te beheer), wat by die huis verlore, gesteel of selfs vergeet kan word, maak biometriese sekuriteit staat op die altyd teenwoordige vingerafdruk.

5. As gevolg van die hoogs individuele aard van ‘n vingerafdruk, kan dit ook gebruik word om op te let wanneer werknemers aankom en vertrek – anders as kaartstelsels wat misbruik word deur een persoon wat vir ‘n ander inklok.

Ons diens area:

Ons verskaf sekuriteitsprodukte, installasiedienste en risikobepalingskonsultasies in Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Velddrif, Paternoster, die St Helenabaai-omgewing, Yzerfontein, Elandsbaai en Lambertsbaai.

Kontak Ons

Klik asseblief hier om ons enige tyd te kontak om jou spesifieke behoeftes en vereistes te bespreek.

TAP TO CALL